Africa, Europe, North America · 248 Days · 27 Moments · June 2017

My Kanadese avonture


12 February 2018

Heerlik gesnowboard vanaand. Nogal koel gewees. My balaclava vergeet en my onderste kaak was so koud dat dit gevoel het soos n tandarts se narkose. My mond wou nie praat nie... En eks besig om my limits te push, gaan binnekort teen 60km/h daar afgaan. Vanaand so iewers tussen 45 en 50km/h gedraai.

2 December 2017

Rustig, pragtige en koue 6k in Canmore. Pragtige met die berge rondom my so al langs die rivier.

26 November 2017

My PR kaart sowel as my bestuurderslisensie het die week in die pos gekom. Nou nog net my geweer lisensie kry dan het ek als en kan ek lekker jag volgende jaar om my eie biltong en droëwors te maak.

24 November 2017

As dit bietjie warm word en die sneeu smelt en vries dan weer dan het mens n ysskaatsbaan by die werk.
Jan Ellis vir ontbyt en Jan Ellis saam steak! Want hoekom nie?

23 November 2017

Ek het besluit om bietjie in Bitcoins te belê, die is hoe n Bitcoin ATM lyk in Edmonton

22 November 2017

Sommer weer lekker sneeu gekry laasnag. So mooi.

21 November 2017

Entjie gaan draf na werk, was nogal koud en toe vries my snor so bietjie.
Vanoggend was dit nogal koud gewees. En volgens almal is dit nog nie regtig koud nie.

18 November 2017

Vandag vir die eerste keer ooit gaan snowboard, dit was sooo lekker en ek het verbasend vinnig reggekom.

4 November 2017

Sneeu liggies net voor ek weer n vriend van 2 jaar terug ontmoet vir ontbyt.

3 November 2017

Heerlike braaibroodjies en skaap tjoppies geëet by Bert. Sommer so gebraai terwyl dit sneeu.

16 October 2017

Vandag was my eerste werksdag in Kanada. Wat n voorreg. Als net genade van God dat ek n wonderlike werk in my rigting gekry het na slegs 2 onderhoude. En dit in n tydperk wat hulle se daar min werk is in Alberta agv die olie prys was so laag is. Pragtige sonsopkoms wat my gegroet het oppad werk toe.

7 October 2017

Uiteindelik het ek my eie plekkie gekry al is die nog eers net tydelik. Sodra ek n werk het sal ek iets nader aan die werk kry en dan bietjie meer permanent.
Heerlike thanksgiving ete saam n klomp wonderlike Suid-Afrikaners wat my soveel gehelp het die laaste maand. So dankbaar dat ek hulle hier ontmoet het. My terte het goeie komplimente gekry en die 2 tannies se woorde was "Nou mag jy maar trou" :-)

6 October 2017

Heerlike Creamora en peppermint crisp terte gemaak vir n oulike Kanadese meisie se verjaarsdag en vir n Suid Afrikaanse thanksgiving. Ek moet darem vir die Kanadese wys wat is lekker.

2 October 2017

My nuwe Kanadese wiele. Met n cool nommerplaat ook. Hier bly die nommerplaat altyd joune.
Eerste bietjie sneeu vir die winter. Dis so mooi maar was maar baie koud. Ek sien vreeslik uit na die winter, maar ek dink ek gaan so bietjie swaar kry.

29 September 2017

Gereed vir werksonderhoud nr. 2

23 September 2017

Bietjie boeremark toe en kry toe heerlike dikmelk te koop. Daar was selfs buffel hart en stert te koop.

20 September 2017

27kg se heerlike droëwors van die 65kg vleis nou droog en gedeel tussen almal wat help maak het.

17 September 2017

Nogal koel hier vandag en lyk my die res van die week gaan dit begin koud raak. Ek moet my seker begin gereed maak vir die koue winters.

15 September 2017

Heerlike droëwors gemaak vandag. 65kg in n paar uur gemaak. En dit als het in daai een klein biltongkas ingepas.

28 June 2017

Gee 'n nuwe betekenig aan verhuis. Die hele huis is opgelig en vervoer na 'n nuwe bestemming.

25 June 2017

Colt het 'n siek kalf gehad wat ons gou moes gaan dokter.

11 June 2017

Iewers oor die Alpe voor ons in Zürich geland het.

10 June 2017

Final goodbyes. Baie lief vir julle almal.