South Africa · 1 Days · 4 Moments · May 2017

Nolda's adventure in South Africa


21 May 2017

By Kuruman stop ons om na die Oog te kyk. 100km voor Upington kry Werner pap wiel. Hulle probeer eers prop insit, maar later moet ons kar uitpak en wiel omruil. Jaag na Upington met wiel op dak en sukkel om Saterdag aand iemand te kry. Gelukkig het HiQ bande en vanoggend 8 uur kan hulle vit Werner bande opsit. Ons eet gisteraand by bi-lo Upington se rugbykafee . Vandag inkopies en dan na Vioolsdrif. Het by Belihante lodge geslaap- kamers kleur ge- ko-ordineerd in Satyn . Sal fotos bysit. Gerhard het op Mariental geslaap- hulle het in 2.5 dae meer as 2600km van Mkushe af gery.
Ons vertrek 7 uur uit Johannesburg en Hes en At is betyds. Ontmoet Stash ,fool en Jana hulle naby Randburg.

20 May 2017

Werner se haardos!
Garth op dak buite Upington met pap wiel.