Africa, Asia, Europe · 22 Days · 304 Moments · June 2017

Julie 2017 ~ Camino de Santiago: Spanje


10 July 2017

9 July 2017

8 July 2017

LA FUENTE DEL PEREGRINO

7 July 2017

6 July 2017

Aandete: Menos on Tapas: Heerlike 3-gang maaltyd!!
Na aandete, is nou reeds 8-uur stap ons huis toe, die sonnetjie nou volsterkte uit - warm!!! Die omgewing lyk nou skielik anders! Mooi!

5 July 2017

4 July 2017

3 July 2017

Plaza de Cibeles,
Ons verken Madrid te voet, eintlik Donett. Sy klaar gesien hier 'n klerewinkel en sonder dat ons regtig ingelig is, is ons oppad daarheen. Die strate baie besig en meer voetgangers langs die pad
Uitsig uit ons slaapkamer venster
Ons Hotel: Madrid Luxury Suite. Baie mooi plek. Die mooiste uitsig oor die besige Calle de Alcalá straat, van die hoofstrate in Madrid.
Pargue de El Retiro is 'n pragtige plek!!
Pargue de El Retiro. Die park se naam gou opgespoor, pragtige plek. Groot, mooi groot en baie baie bome. Oral draf mense, moet sê is baie warm, maar hulle hardloop. Ons besluit om liewers iets koels te nuttig. Die Spaanse bier hier is Cruzcampo
2,2km later is ons by ons Hotel: Madrid Luxury Suites. Maklik gekry. Madrid ook ou ou pragtige geboue, so straatfront beperk. Ons Hotel slegs 'n ou groot pragtige deur met die naam op. Stap in en voor jou die Ontvangs. Josė baie gemaklik, denim en T-hemp. Ons kamer nog nie skoon nie, hy gaan ons bagasie oppas en ons gaan Madrid verken
Ons is oppad te voet na ons Hotel. Die tasse moet bontstaan agter ons aan. Donett weereens los voor en ons volg - opdraende vir die eerste entjie. Dankbaar vir die mooi boomlaning, dit koel ons verseker af! Oorkant van die pad die groot lowergroen park, ons moet nog sy naam leer ken.
Buite Madrid Arocha stasie die mooi beeldwerk. Google maps ons volgende gunsteling app op toer. Selfs sonder enige sein of WiFi wys Google Maps jou presiese plek aan. Gou vind ons ons rigting en begin in die rigting van ons Hotel stap. So 2km en daar gaan ons, tasse en al. Dis lekker lekker warm in Madrid!
Groot is ons verrassing: ons kry Ontbyt op die trein: Heerlik!!!
Sitplek 16A. Regterkant van die Trein, langs die venster
Platform 3. Tipies Europese triene, presies om 08:50 arriveer die trein. Ons klim in, jy pakke sommer jou tasse self in die bagasierak en kry jou sitplek. Vinning, effektief en baie lekker!
08:30 stap ons na die vertreksaal van die trein. Ons sakke gaan deur Sekuriteit, en vinnig en effektief scan die personeel ons elektroniese kaartjies op jou selfoon. Af met die roltrap na platform 3
Ons kaartjies, Preferente, gee ons toegang tot die Sola Club. Hier raak ons rustig, heerlik Cappuccino en Croissant. Gratis WiFi, maar hulle stuur die kode met SMS!
Ons wag so 3 minute vir ons Metro. Dis baie warm hier onder. Net 'n paar mense staan rond op die platform en ons 4 met ons tasse. Die Metro stop en hy is propvol. Don, Hetta en Donett in die 1 wa maar ek besef daar is nie vir my plek ook nie. Stap vinning na die volgende wa, hier is ook nie plek nie!!!!! Maar in moet en in, tas en al. Een man bietjie nukkerig, maar ek maak of ek van niks weet nie. My rugsak in die pad van die deur, die ander mense baie vriendelik en help my mooi. Ons ry, nou net seker maak ons ry in die regtig rigting. Hou elke stasie dop, jip! Ons vorder. 5 stoppe later en ons klim af. Dit was woes en vinning! Op Barcelona Sants is die RENFE aanduidings goed en 2 stelle roltrappe later is ons in die groot stasie. 07:35 en ons vertrk eers 09:00
Af met die trappe na die Metro, Sagrada Familia stasie, dis warm daar onder. Ons koop kaartjies met die Outomatiese Masjien: Singel Ticket €2.15. Ons ry die Blou roete L5 in die rigting van Cornellà Centre tot by Sants-Estaciò. Dit is by Barcelona Sants Stasie, die grootste Renfe stasie in Barcelona
Die Metro is 2 blokke van ons Hotel af, soos wafferse locals is ons die straat afmet ons tasse, 07:00. Barcelona se strate baie stil so vroeg in die oggend
Vanoggend staan ons 05:30 op, drink rustig koffie. Die dag breek nou al oor die stad. Vanaf ons balkon sien jy Barcelona rus nog, is baie stil, rustig en mooi buite.

2 July 2017

Maandag 3 Julie: Ons groet Barcelona. Barcelona 'n wonderlike stad, my wildste verwagtinge en drome oortref. Groot stad, besig stad, LIEFLIKE stad!
Gaudí's famous mosaic salamander lizard, called 'el drac' the dragon. It guards the fountain at the main entrance to Park Guell on Carrer Olot
Gaudi designed the gate house and administration building in a fairytale gingerbread house style.
There are 86 classical columns which are 6 meters high and 1.3 meters wide.
he focal point of the park is the main terrace, surrounded by a long bench in the form of a sea serpent.
At the time the park was created - around 1900 - there were many factories in Barcelona - and Barcelona's air was quite polluted. Guell bought the land on Carmel hill to build a housing project where rich residents could escape the dirty air and noise of the city. There was already had a manor house on the site of Park Guell - called Larrard House or Muntaner de Dalt House - and the land was close to a residential neighbourhood of houses called "La Salut," which means "health." So the idea of a garden city with views seemed solid. Park Guell was built in the years from 1900 to 1914 on a plot of land that measures 17.18 ha (0.1718 km²) in total
The original idea of Park Guell was to create a private residential garden city for wealthy Barcelona residents, who could then live in Park Guell on El Carmel hill above the smoke and noise of Barcelona's city and with lovely city views. The idea did not work, perhaps due to the remote location, or to the strange ideas and designs that Gaudi created.
Park Güell. The Park Güell is a public park system composed of gardens and architectonic elements located on Carmel Hill, in Barcelona, Catalonia. Carmel Hill belongs to the mountain range of Collserola – the Parc del Carmel is located on the northern face. Did you know: It opened as a public park in 1926.
Tyd om weer die Toeriste bus te ry. Vandag ons eerste stop, Park Güell
Sondag 2 Julie: BARCELONA. Vroegoggend terwyl die stad nig slaap stap ons net oor die straat om Koffie en Croissant te nuttig. Heerlik!
Barcelona BusTirístic Bus: Beste manier om 'n Stad te verken. Ons stap so 2km deur die stad tot waar ons die Rooi roete busse kry. Is lekker warm en ons sit bo

1 July 2017

30 June 2017

Saterdag 1 Julie. Die son kom op. Barcelona vroegoggend 'n stil stad
Barcelona se strate begin eers na 21:00 leef, dan kom almal eers eet. Moet bysê die son dak eers 21:30! Keuses, keuses, keuses............... die eienaar van Babilion oortuig ons sy plek die beste vir Tapas, en dit was inderdaad so.
Ons verken ons omgewing. Ons bly 1 blok wat Barcelona se mees bekendste gebou, die Sagrada Familia, die kerk gebou deur Gaudi
Ons ou gunsteling: Starburcks!
Sagrada Familia