Brazil · 17 Days · 293 Moments · June 2016

9 July 2016

Saterdag 8 Julie 2016

8 July 2016

Vrydag 8 Julie 2016

7 July 2016

Puerto Maldondado Lughawe. Ons Toeragent: Culture Immersions klaar ons check-in gedoen en kaartjies gedruk. Ongelooflik goed georganiseerd. Hier is ons sekuriteit mannetjie nou weer oorywerig! Vra na Alkohol, gas, ......... tot moes ek die spuitkannetjie Peaseful Sleep vir hom wys. (Nota: Ons het met dieselfde vliegtuig die spuitkannetjie tot hier gevlieg!?!?). So vind ons uit ons gaan eers land op Cusco en dan verder vlieg na Lima, nie seker hoelaat ons daar aankom dan nie, volgens ons notas: 12:25. Sal maar sien
Puerto Maldondado, Die toegang tot die Peruvain Amazone. Als so goed georganiseerd, hier aangekom wag die bussie lughawe toe vir ons, ons bagasie in sakke verpak vir die reën en klaar in die bussie.
Van Inketerra Lodge na Puerto Maldondado is so 30 minute se ry op die Madre de Rios rivier. Hierdie is die enigste toegang tot die Lodge, as dit in die Reënseisoen te veel reën kan hulle afgesny wees van die res van Peru. Gelukkig is ons nog veilig, maar dit reën te lekker
In gietende reën klim ons die trappies na ons boot.
Inketerra Lodge se boothuisie op die Madre de Rios rivier. Sodra enige nuwe gastr aankom of soos in ons geval as ons die Lodge verlaat, word die klok gelui.
Ons ervaar die Rain forest in al sy glorie. Gistermiddag 'n kwaai donderstorm, blitse en harde reën. Ons uitstappie na die Treetop walk selfs met 30 minute uitgestel. Die aand weer lekker hard begin reën, so erg dat ons nagstap in die woud afgestel is. Die hele nag lekker gereën wat gemaak het vir die beste nagrus in die woud! Vanoggend steeds reën, maar ons moet groet.
Donderdag 7 Julie 2016. Ons laaste ontbyt in Peru, so kom als tot 'n einde, maar dit was ongelooflik!!! Vandag is vervoer dag: Begin met Longboat van Inketerra Lodge tot by Puerto Maldondado, dan bussie tot Lughawe. Vlieg: Star Peru Vlug 1182 om 11:20 van Puerto Maldondado, stop op Cusco en vlieg verder tot by Lima, land 12:25. Moet dan bagasie kry en weer deur sekuriteit gaan. Vlieg: 21:30 Avianca na Rio de Janeiro om daar aan te kom 04:35. Lang dag!

6 July 2016

Woensdag 6 Julie 2016

5 July 2016

Dinsdag 5 Julie 2016

4 July 2016

Maandag 5 Julie 2016

3 July 2016

Sondag 3 Julie 2016

2 July 2016

Tipiese geboue in die Middelstad van Cusco
Vanoggend ontmoet ons ons Toergids Ruben by die Hotel. Vandag gaan ons Cusco te voet verken. Oppad kry ons die mannetjie geklee in Tradisionele Inca Krygsman klere. Na elke donasie verander hy van posisie
2 Julie 2016 - Saterdag Cusco is koud en hoog bo Seespieël in die Andes gebergtes. Hoogtesiekte het my, ek vanoggend wakker geword met 'n lekker hoofpyn en so fuzzy gevoel. Maar ons het baie om te sien, laat my nie onderkry nie

1 July 2016

Monau Wasi Inn. Die binnehof, prentjie mooi en so rustig!
Monau Wasi Inn. Ons hotel die lieflikste restaurant op die 2de vloer. Ek moet dit weer nou: Periaanse kos die beste in die Wêreld, word volgens sommige kenners op die Internet hoër aangespreek as selfs Franse Cuisine, en ons ervaar die self. Ek voel nie te sterk agv Hoogtesiekte nie en bestel net 'n toebroodjie. Kyk wat kry ek!!!!!
Munay Wasi Inn. Ons hotel is in hierdie straatjie geleë. Die son sak en dit word lekker koud. Dit was 'n goeie dag (net jammer van die Hoogtesiekte)
Oral op staat laat middag is hierdie Tradisionele plaaslike inwoners. Die vrouens elkeen 'n klein lama in 'n sakkie om hulle lyf. Hetta kom dit nie weerstaan om aan die ou lamatjie te vat nie. Ons mag foto's neem, teen 'n prys natuurlik - jy kies hoeveel jy hulle wil gee
Starbucks Koffie. Orals beskikbaar en orals dieselfde. Hoekom net op die 2de vloer????? Hoogtesiekte by baie erg geklap, die paar trappies het amper gewen: Ek was so moeg bo, Hoofpyn en fuzzy gevoel. Hetta en Don skoon bekommerd, ek glo wasbleek!!! Drink soet Chai Tea, hoop om gou beter te voel
Tipiese boustyl van Cusco. Ons stap terug hotel toe deur die nou besige besige straatjies
Cusco plein, hierdie die die hoofplein nie, maar almal so mooi. Hierdie tipe plein tipies van boustyle van Peru en belangrike bymekaarkom plek vir die plaaslike inwoners. In die aande kuier hulle hier, eet (Guinea pig) en drink (Pisco sour en Cusqueno) groot hier ook
Hier loop ons weer 'n mark raak, dieselfde mooi mooi goed en baie goedkoper as in Lima. Dadelik koop ek vir my 'n hoed en die mooiste sagste Alpaca trui. Ek moet op my tande kners om nie nog te koop nie
'n Tram, dit is asof tyd hier in Cusco gaan stilstaan het
Selfs in Cusco is hier vreeslik baie Polisie. Dieselfde mooi mooi klere, deftig en trots
Die stadsplein: Hier is vreeslik baie mense, almal rustig en vriendelik. Cusco is my nuwe beste plek
Ons vaar die strate in. Dit is so mooi, al die klip paadjies, die geboue, is oorweldigend mooi
Ons word verwelkom met geskenkies, ek is klaar verlief op die plek, als is so mooi
Munay Wasi Inn: Ons hotel in Cusco. Is ongelooflik mooi, soos 'n Spaanse Herehuis, klein intiem en baie baie mooi. Vinnig in ons kamer, te cute.
Straatjies van Cusco uit ons Voertuig oppad na die Kantoor van die persone wat ons toer reël: Cultural Immersion Travel Peru. Buite die geboue wag sy op ons, ontvangs ons met Cocoa tee, crackers en 'n heerlike tipe Grenadella. Gaan gou deur ons volgende paar se aktiwiteite en gou is ons weer oppad na ons hotel
Cusco Lughawe: Baie mooi en moderne lughawe. So vind ons uit dat hierdie ook een van die lughawens in die wêreld is met die moeilikste landings! This airport has a visibility restriction and only operates during daylight due to the requirement of a visual approach to land. The aircraft operate mainly in one direction of flight in and out of this airport. No pilot dares to land with an overcast sky into an airport completely surrounded by mountains and no precision guidance navaid in order to assist for the landing. Orals kan jy toere en hotelle bespreek. Terwyl ons vir ons bagasie wag stap 'n mannetjie my: "Mr Lucas?" Is George, hy het net ons bagasie kom haal. Stap uit die lughawe en kry vir Carlos, ons drywer
Uit die vliegtuig is die Andes berge onder ons. 'n Baie mooi gesig, berge op berge met in die sneeubedekte pieke. Die vlug is van korte duur en skielik is dit net berge rondom ons. Die nader na die aanloop is bietjie springerig maar ons land veilig op Cusco lughawe.
Verrassing wag vir ons, Peruvian Air bedien ons met die lekkerste Ham broodjie en Muffin. Heerlik, net op die regte tyd
1 Julie 2016 - Vrydag: Na ontbyt is ons reg vir die dag. Voor 8-uur kry ons drywer ons by die Hotel. Vanoggend ervaar ons Lima se verkeer op sy beste, besig besig. Na 'n uur se ry is ons by die Lughawe. Van vandag is als gereël en geboek deur Brain, ons Toeragent. Ons klim af by die lughawe met ons bagasie, paspoort en goeie geloof. Vlieg Peruvian Air. Ons toon ons Paspoorte vir die dametjie en siedaar, ons boarding Pass. Ons is bietjie vroeg, vlieg eers 11:50. Drink Starbucks koffie en wag. Later stap ons deur die Sekuriteitshek. Ons moet self die hek nr op die TV-skerms soek, maar dit wys nog niks. Voel tog maar bietjie onseker.

30 June 2016

Pisco Bar. As deel van ons tradisie op toere poog ons om die plaaslike disse en drankies te probeer. So loop ons Pisco Bar raak, op sy eie, uit die hoofstroom van eetplekkies, en wat 'n juweel!!! Ons kelner, Alberto, kan nie 'n woord Engels praat nie en ons sukkel nog erg met Spaans. Met Google translate op ons fone is die wêreld ons speelplek. Ons bestel eg eg Purivaanse disse: Ceviches del Puerto vir Don en Tacu Lomo vir my en Hetta. Ongelooflik, en smaaklik!!!! Laastens drink ons Peru se mees tradisionele drankie: Pisco Sour, 'n likeur tipe drankie met suurlemoensap, eierwitte en suiker. Die lekkerste lekker!
Ons stap die strate vol en skielik weer 'n nuwe Inca Mark. Die plekke maak my mal, ek vrek oor al die helder kleure. Vandag koop ek groot, hoop my tas se gewig reg vir die vliegtuig, maar dit is môre se probleem. Ai tog, die goed is so mooi
Die plaaslike Polisie, baie vrouens in trotse blinkskoon uniforms. Baie hulpvaardig. Ons kon die versoeking om te vra vir 'n foto nie weerstaan nie en mensdom, watter wonderlike mense. 'n Toonbeeld van die plaaslike bevolking
Oral op straat is hierdie mannr in die ligblou baadjies. Hulle is die plaaslike "Forex". Jy ruil net daar en dan jou geld, hetsy dollar of euro vir Seilos. Geen stories van Fica, vliegkaartjies, paspoort nie. Net 'n eerlike gesig!
Is nog vroegoggend maar die tipiese straat "cafeteria's" maak reg vir die dag. Elkeen wil beter lyk as die vorige
Ons Hotel se Restaurant area is ook die ontspannings area en waar hulle soggens ontbyt bedien.
Donderdag 30 Junie 2016: Ontbyt is Buffet tipe met vars vars gedrukte sappe en vars vars groente met nog lekkerder yohurd. Dan ook verskeidenheid brode, konfyte, tamaties, Olywe, Ham en Kaas. Laastens Roereiers, worsies, lewer en gebraaide aartappels en pampoen! Koffie 'n wenner in Peru. Ons eet soos konings!

29 June 2016

Cafe Cafe Restaurant. Na 'n wonderlike dag soek ons rustigheid en ietsie lekkers om te eet. Ons was so woelig, het na ontbyt nog niks weer vir die dag geëet nie. Keuses, keuses, so moeilik hier in Lima, maar die flambojante deurman en mooi mooi kelnerin oortuig ons tot Cafe Cafe. 'n Slim en aangename keuse. Ons drink vanaand Cusqueno bier, nog 'n plaaslike bier. Ons keuse vanaand: Eg Peruviaanse Hamburger. Treffer!
Ons Turibus eindig met die son reeds onder. Vanaand is koud in Lima, ons reeds ons warm baadjies aan. Ons stap die 2km terug Hotel toe. Die strate wemel van mense, volgens die plaaslikes is dit elke aand so
The Basilica and Convent of San Francis, also known as the Monastery of San Francis of Assisi, is located in the Historic Center of Lima and is an outstanding example of religious architecture of colonial Peru. Coming into the monastery at the side portal of the building you enter a completely different world showing the importance of the Catholic church in Colonial times. Absolutely amazing are the beautiful preserved wooden stairs, the impressive Moorish dome over the main staircase, the outstanding library with over 25,000 volumes, the "Zurbarán - Hall", small chapels, distinctive religious paintings, small patios of typical Spanish style decorated with lovely tiles from Seville and the overwhelming former glory and wealth.
the beautiful district of Barranco. Once it was Lima's beach, pleasure and entertainment district for wealthier Limeños (during the colonial and republican times). Barranco was at the beginning of the 20th century home to famous Peruvian writers and artists which gave the district a unique character. Luckily Barranco could save not only big a part of its colonial charm but as well its special character and charisma. The daily life in Barranco is more relaxed and quieter than in the rest of Lima. The city center invites you to stroll around, visit old colonial and republican houses and enjoy the numerous other amazing sights that Barranco has to offer.
Ons 1ste oggend in Lima. Weer baie gematig hier

28 June 2016

Peru. Ons eindbestemming. Afgelope tyd vaie gelees oor die land, maar met my aankoms hier is ek openlik verras. Peru is 'n toeriste vriendelike plek. Op die lughawe verloop als vlot, baie amptenare en baie vriendelik. Gou gou is die Paspoorte gestamp. Met jou aankoms by Peru voltooi jy ook 'n "Toegangsvorm" in duplikaat. Die 1 deel hou hulle en die ander moet jy veilig bewaar. Oral in Peru vra die Hotel en Lughawens die papiertjie. Jy moet ook die gedeelte terughandig die dag as jy Peru verlaat. Ons word ontmoet deur Hilda, ons toerbegeleiding. Saam met ons drywer is ons in goeie hande in Peru. Hilda vertel ons van die geskiedenis, die kosse en nog meer oppad na ons Hotel. Hulle lei ons aan die hand totdat ons klaar ingeboek het. Vriendelik mense, ek is dadelik tuis
Oppad na Lima. Vandag vlieg ons van die ooste, regoor die breedte van Suid-Amerika, oor die Andes gebergtes tot heel aan die weste kant, Lima - Peru
Ontbyt op ons vlug. Heerlik en smaaklik
06:30 in die vliegtuig oppad Lima toe en die son kom op
Airbus A320. Is nog donker buite. Die vliegtuig het net paar TV skermpies teen die dak en is voorafbepaalde flieks wat wys. Gelukkig is daar 'n kanaal vir Engels
Stap deur na ons vliegtuig en vir eers groet Rio ons
Minute voor ons opstap na ons vliegtuig
Oral in die vertreksale is hierdie paaltjies waar jy enige elektroniese toerusting kan herlaai. Ook GRATIS WiFi! Is baie baie vinnig
Rio maak reg vir die Olimpiese spele. Sien dit oral raak, Selfs al spesiaal gedrukte Coke blikkies
Vlieg vandag Avinaca Airlines, 'n Columbiaanse maatskappy. Die inboek beampte baie vriendelik, hulpvaardig en praat 'n goeie Engels. Gou deur doane, beamptes vriendelik en flink, so ook die Sekuriteitshek. Ek is beïndruk.
Stap deur die Duty Free winkel, alles in US dollar. Hier tot Amarula te koop, teen R586 per bottel! Seker omdat so ver moes vlieg om dit hier te kry!
28 Junie 2016 ~ Dinsdag: 03:00 - weer vroeg opstaan. 03:35 roep ons weer vir UBER op die App, 3 min en ons Taxi is daar. Besef net weereens, vinnige betroubare manier. Ons drywer praat nie 'n woord Engels nie, maar als mos klaar gereël. Met gebare taal en die paar woorde Portugees wat ons aangeleer het, is ons vinnig reg voor die regte deur by die Lughawe. Goedkoop en geen geld word nou verwissel nie, reeds op die App bevestig. Na ons inboeksessie en sekuriteit en doane, ons eerste koffie vir die dag. Brasilië se koffie is baie baie lekker

27 June 2016

Ons veilig in Rio de Janeiro. Op die lughawe als in rep en roer vir die naderende Olimpiese Spele. Volgens Hetta nog baie werk, hulle moet nig die gras ook sny!! Is reeds 15:00 toe ons by die Hotel inboek en ons vlieg reeds môre oggend 05:35 na Lima, Peru. So gaan vroeg moet beweeg. Daarom het ek vir ons kamers in die Linx Hotel bespreek. Is reg langs die lughawe, maar so 15km uit die stad. Die Hotel laat my baie aan die hotelle in Suid-Afrika dink, maar is baie gemaklik. Hulle ons met bussie gratis vervoer, is minder as 2km! Op die bussie baie vliegtuig personeel wat ook die Linx Hotel as oornag bestemming gebruik. Ontmoet vreindelike lugwaardin van GOL-airways. Darem iemand wat Engels praat, die meeste ander praat net Portugees. Die inboeksessie neem bietjie tyd siende ons nie Portugees magtig is nie, maar gou gou is ons in ons kamers. Ons onspan in hulle Ladies Bar en gou gou help die kroegman ons met plaaslike bier en 'n paar nuttige Portugese terme. Die Hotel gratis Internet
Volgens Flightradar land ons oor 53min. Jippie!
Ons laat middag snack word 'n vroeë middag ete, so lank vlieg ons al😬🙃. Die Pizza heerlik warm, smaaklik
Hierdie vliegtuig ryery raak nou regtig lank. Nog so 3 en 'n half ure oor!
Tegnologie maak dit lewe klein. Ons vlieg iewers oor Afrika en ons het WiFi, vinnige WiFi!!!!! Sit heerlik terug terwyl ek ons sommer gou incheck vir môre oggend se Vlug: Avainca Air, van Rio de Janeiro na Lima, Peru
Vroeg kry ons ontbyt: - Vrugte en Yogurd - Roereiers, Baked Beans, Hoender worsies en Creamed Spinach, Croissant en Roomkaas Koffie
Emirates Vlug EK247 van Dubai na Rio de Janeiro. Op tyd, 07:10 vertrek ons. Vliegtyd: 14 ure
27 Junie 2016 ~ Maandag: Veilig op Dubai Internationale lughawe. Uber bly 'n wenner, vinnig, gemaklik en helfte so goedkoop soos gewone Taxi's. Bag drop-off: Die dametjie effe verward met ons bagasie siende ons van Suid-Afrika is mag ons 2 sakke elk van net 23kg in plaas van die gewone 32kg inboek. Ons egter elk net 1 sak, behoort dus nie 'n probleem te wees nie. Ons ontspan in die Marhaba lounge - smaaklike koffie, dadels. Ook hele buffet van kosse, ons wag vir die vliegtuigkos!

26 June 2016

Die son sak oor Dubai en ons moet groet. Dubai 'n opwindende besige stad! Dubai dink groot, alles beter en die beste. Die plek ongelooflik skoon, soos opgesom deur ons Woestyngids: "We've got a very good government!" Dubai was goed vir my