Africa, Asia, Europe · 9 Days · 148 Moments · December 2017

2017 - Duitsland


16 December 2017

15 December 2017

14 December 2017

13 December 2017

12 December 2017

Frankfurt Hahn Lughawe 204km na Marburg. Ons aanvanklik die bus vat tot by Koblenz en van daar die trein na Marburg. Sou beteken ons is so 20:00 🕗 die aand in Marburg. Beste en vinniger opsie: Ons hier ‘n kar. Eurocar, ons huur Citroen. Groot dele van die pad is nat en die aanvaklike deel is die sneeu dik gesaai langs die pad. Nader aan Frankfurt trek dit bietjie oop,
DUITSLAND 🇩🇪. Ons land op Frankfurt Hann Lughawe. Dit is ongelooflik koud!!!!!!
In die lug oppad na Frankfurt Hann, Duitsland 🇩🇪. Die landskap oortrek van sneeu. Oppad vlieg ons oor Paris, France 🇫🇷. Ons sien duidelik die Eiffel-toring, die Chances se Chellae, Stad de France Rugby stadion. Bring terug goeie herinneringe van 2007!
Ons staan en wag om op te klim, hierdie mense mors nie tyd nie. Hier waai net ‘n ysige koue wind terwyl ons wag om op te klim
Ons sou 10:30 vertrek vam Malaga na Frankfurt Hann Lughawe in Duitsland, maar ons vlug is met 20 minute vertraag. In die vliegtuig later so die Kaptein aan Ons verduidelik die rede: Hulle moes die oggend wag vir die aanloopbane om skoongeskraap te word van die Sneeu!!!! Ons beplande tyd om te land is nou 13:50. Verwagte temperatuur as ons gaan land gaan 0-grade wees met kans van sneeu!!!!
Malaga Piccaso Lughawe. Gelukkig kan ons vroeg ons bagasie ingee. Tasse se gewig reg, almal onder 20kg. Ons stap deur Sekuriteit en gaan drink koffie en Broodjies by Mum’s Kitchen. Gou is dit 09:30 en ons stap na D43, ons hek. Ek nuwe app opgespoor, Wonderlike ding!! Wys jou al die inligting van enige Lughawe sowel as die vertrek en aankomstye. Ook tel hy al jou virige en huidige vlugte op en wys op ‘n kaart al jou inligting. Oulik!
Vandag vlieg ons van Spanje na Duitsland. My EERSTE besoek aan Duitsland.
Dinsdag 12 Desember. Ons laaste oggend in Malaga, Spanje 🇪🇸. Vanoggend waai hier ‘n koue windjie. Ons klaar weer gemaklik met die reis en pak, vinnig is ons reg. 08:15 kry ons vervoer ons buite, Swart Mercedes bussie. Vandag se mannetjie ry uiters rustig, die Lughawe ongeveer 15 minute se ry van ons blyplek

11 December 2017

Is Maandagaand en dit is Winter. Baie van die eetplekkies en Restaurante toe vanaand. Ons eet by Bar Bauerstume. Die hele spyskaart net in Spaans. Ek google translate vir ons en ons besluit op Fillet of Hake, Chips and Vegetables. Billike pryse, maar die Spaanse mense maak nie kos met liefde nie
Laat middag stap ons langs die strand, die Antonio Banderas Walkway. Alhoewel die reën van vanoggend weg is en dit heeltemal oopgetrek is, is dit skielik koud. Die deel van Malaga laat my baie aan Kaapstad dink, is duidelik dat dit Winter is hier, is koud en stil, nie baie mense op straat nie
Ons ry weer bus 16 terug tot by ons blyplek, €1.30. Stap 1 blok deur die pragtig park tot by ons verblyf
Kersfees is groot in Europa. Ons stap deur die ou deel van die stap Malaga, orals is Kersfees boompies, versierings en musiek
Malaga Cathedral. The Cathedral of Málaga is a Roman Catholich Church in the city of Málaga in Andalusia in southern Spain. It is in the Renaissance architecture tradition. The cathedral is located within the limits defined by a now missing portion of the medieval Moorish walls, the remains of which surround the nearby Alcazaba and the Castle of Gibralfaro. It was constructed between 1528 and 1782, following the plans drawn by Diego de Siloe; its interior is also in Renaissance style.
Ons stap tot heelbo, by die Kasteel se ingang. Was ‘n redelikenstywe stappie, maar verseker die moeite werd.
Terug in die dorpie Malaga drink ons Koffie en Bier by die Caffeteria, ook om die badkamers te gebruik
Van bo af die mooiste uitsig oor Malaga
Ons stap rond in Malaga, verby die Roman Theatre kry ons per toeval die pad na Castilo de Gibralfaro, ek herken die naam en oortuig die ander om die pad te vat. Gelukkig het hulle nie geweet hoe steil die paadjie is nie. This Castle, built in the 14th. Century to house troops and protect the Alcazaba, is today one of the most visited monuments in Málaga. From its walls, visitors get spectacular views of the city and you can visit the Interpretation Centre to discover the site's history. It was named after a lighthouse at its peak (Jabal-Faruk, the light mountain). Although it was used by the Phoenicians and Romans, in 1340 the Nasrid King Yusuf I made the place into a fortress. During the reconquest (i.e. the Reconquista) it was besieged by the Catholic Monarchs in the summer of 1487 and Ferdinand the Catholic made it his temporary residence after the victory.
Ons wil na die Ou Dorp gaan, busry die beste opsie: €1.30 per trip
Rondom 12-uur klaar die reën op en ons vat die pad. Ons stap deur die park reg langs ons Woonstel. Lemoene baie groot in Spanje: Valencias. Na die stormwind lê die Lemoene orals in die park rond
Maandag 11 Desember. Dit het in die nag begin reën. Vanoggend is dit koud en nat, die wind waai erg buite!!

10 December 2017

Na die opwinding van die Marathon stap ons terug huis toe, ons self vandag al oor die 12km gestap. Stap in by die “Strandkombuis”, reg oorkant ons blyplek. Al langs die standfront is dieselfde tipe Restaurante. Almal maak vuur op ‘n klein bootjie vol sand gegooi en almal braai vis. Ons Restaurant: Chiringuito Escribano. Ons terug on Spanje, die lekkerste olywe saam met die bier, brood en Olyfolie en die lekkerste Vis en Skyfies. Ons sit reg op die strand. Dit voel egter of in die mense se huis is, jy stap voor in, reg langs die kroegtoonbank en yskaste. Hier sit die eienaar, sy vrou, sy kind, die TV speel hard en die Papagaai in sy hok!!
Besig besig met Henno se Marathon

9 December 2017

Optyd stop ons by Malaga Treinstasie. Nuwe plek vir ons, maar is so mooi, tot ‘n Mooi Kersfees boom in die middel van die Treinstasie. Ons stap tot buite, ons Vervoer nêrens te vinde nie. Ons bel ook nie nommer, werk nie! Plan B: Taxi €8.30 later is ons 3 veilig by ons Verblyf. Is donker en koel tot koud, so als voel bietjie vreemd
Op tyd vertrek ons, bestemming Malaga. Treinry baie gemaklik, groot gemaklike stoele. Die trein teen spoed van tot 300km/h. Jy kom die spoed slegs agter as jy karre op die pad langsaan verby gaan. Die res is die trein baie stabiel. Is net as jy na die Koswa stap dat jy besef is bietjie moeilik om jy balans te hou. Koop Cruzcampo bier, die lekkerste Koffie en Marina crisps: Olyfolie
Presies op tyd stap ons deur ons hek na ons trein. Treinry is baie lekker en geörganiseerd. Vinnig het ons ons sitplekke
Madrid Atosha Treinstasie. Ons het in Junie hier gestop van Barcelona, maar dan mis jy hierdie pragtige vertreksaal. Ons so 2 ure se wag vir die trein, tyd vir ‘n Cruzcrampo bier
Land op Madrid Lughawe se sateliet terminaal. Van hier ry ons die trein tot by die Hoofterminaal waar ons deur doene gaan. Flink en vinnig, die personeel groet jou op jou naam, vra waar gaan ons heen - Malaga, stamp die Visum en klaar! Stap verder tot by ons Carousel waar ons ons bagasie kry. Stap uit die Lughawe en daar staan die mannetjie met sy iPad en my naam op. Dit is die vervoer wat ons 3 na Madrid Atosha Treinstasie gaan neem
Middag ete op Emirates met Kersfees in die lug. Ek eet heerlike Kalkoen en Hoender met Milky Bar Kersfees poeding.
Die eerste deel van die vlug neem ons verby Bahrain, net kort duskant Kuwait en net links van die Syria grens. Ons sien die hoofstad Baghdad in die verte. Hierdie deel is net Woestyn, sand sover as wat jy kyk. Skielik verander die landskap by die Suez-kanaal en doe Blou Nyl, baie baie landerye. Ons ook gelukkig om 2 Piramides by Cairo te sien
Ons styg op van Dubai Internasionale Lughawe. Die Lughawe weer vanoggend baie besig, orals waar jy kyk staan net vliegtuie. Ons sien weer die Burj Kalifa gebou uit die vliegtuig, die Wêreld se hoogste gebou
Emirates A380-800 vliegtuig, baie gemaklik, baie gerieflik. Ons vlieg na Madrid, die “Head wind” van oor die 200km/h. Voel soos ‘n ewigheid, ek dink ons nou net lank gevlieg.
Ons vlieg nou met boeing A380-800, hierdie vliegtuig het heelwat meer spasie as die boeing 777 van vanoggend. Ons 3-tjies is maar bietjie flou, dink ons gaan nou lekker skaap
Hek A1: Die groot ontvangsaal voor ons vertrek. Skielik is ons taal Afrikaans nie meer so algemeen hoorbaar nie, die meeste praat skielik Spaans!
Dubai Lughawe: Ons het 4 ure om dood te maak, gelukkig vir Marhaba Lounge. Baie lekker koffie, maar dit is middel van die nag, glad nie lus vir kos nie. Ek kry dit reg om vir so uur in die stoel te slaap. Wakker, gou gaan verfris en skeer in die badkamer. Weer Koffie en teen 6-uur vat ons die pad na ons hek. A1 is in ‘n volgende terminaal, so af met massiewe hysbakke, kry die trein onderdeur die aanloop ane na Terminaal 1. Neem ons so 20 minute om daar uit te kom
03:10 Dubai tyd (01:10 SA tyd) land ons in Dubai

8 December 2017

Aandete: Heerlike Kerrie hoender. Arme Don, die Lugwaardin het lemoensap op sy mou en arm gemors. Voordelig vir my: sy bederf ons met Heineken en Johnny Walker Red label. Vroegaand maak ons ogies toe, ek goeie 2 ure geslaap. Die personeel maak ons wakker met Hoender broodjies, ek regtig nie nou honger nie, maar die Koffie en Brownie goeie laataand happie
Lekker ingerig in my hoekie. Klomp flieks en reekse op my iPad afgelaai, is makliker om te lees as die skerm voor my. Gou gou is ek moeg
Gou is ons bo die wolke, so mooi!
Ons is oppad. ‘n Lekker reënbuitjie buite
Ons instaptyd met 30 minute vertraag. Die vorige vlug was laat, die personeel was nog besig om die vliegtuig skoon te maak. Ons sitpleke: 21J. Ons sit in die voorste gedeelte van die vliegtuig, heel laaste ry.
13:20 Ons is vinnig vandag deur Sekuriteit en Paspoort kontrole. Sakke ingegee by Emirates, kry hulle weer in Madrid. Gaan ‘n dag of wat weer vat om aan al die dingetjies van vlieg gewoond te raak. Dankbaar vir die Lounge, baie stil hier binne. Nou ontspan ons heerlik. Nou begin die lekker, ek nou skielik baie opgewonde